VAKKE EN LEERAREAS
Alle grade van graad 0 tot graad 12 word deur
ons aangebied. Vir graad 12 word die materiaal soos voorgeskryf deur
die BCVO (Beweging vir Christelike Volkseie Onderrig) gepak en ook deur
hulle geëksamineer.
Algemene leerareas
Vir graad R tot graad 9 word al die voorgeskrewe
verpligte leerareas aangebied. Afrikaans huistaal, Engels eerste
addisionele taal, Wiskunde, Natuurwetenskappe (wetenskap en biologie),
Sosiale wetenskappe (aardrykskunde en geskiedenis), Ekonomiese en
bestuurswetenskappe, Tegnologie, Lewensoriëntering en Kuns en
kultuur.
Grade R tot 7
Ons materiaal bied meer as die minimumvereistes wat deur
die Onderwysdepartement voorskryf word. Dit word ook akademies verryk
en saamgestel volgens bogenoemde beleid van Moria Tuisskoolmateriaal.
Grade 8 en 9
Alle voorgeskrewe leerareas soos hierbo uiteengesit
(Algemene leerareas) word aangebied, plus twee keuse vakke, wat die
kern vorm van die leerder se toekomstige beroepsrigting.
Keuses:Vir
die standaard prys kan twee addisionele vakke gekies
word uit: Landbouwetenskap, Rekeningkunde, Bedryfsekonomie,
Rekenaartegnologie (lg. benodig “MS Office”
rekenaarprogram met minstens Pentium I, 16 MB RAM en 400 MB HD-spasie),
Toerisme, Tegniese tekeninge, Duits en Frans (ekstra koste), Bybelse
Hebreeus en/of Grieks (ekstra koste)
Graad 10 tot 12
Verpligtend:
Afrikaans Engels, Lewensoriëntering en Wiskunde (gewone Wiskunde
of Wiskundige geletterdheid)
Vir die standaard prys word 7 vakke geneem. Meer vakke kan geneem word,
teen ekstra koste. Graad 11 kandidate word slegs toegelaat indien
hulle graad 10 by Moria Tuisskoolmateriaal suksesvol voltooi het met
minstens 60% gemiddeld.
Keuses:
(kies minstens 3): Fisiese wetenskap, Lewenswetenskap,
Geografie,
Landbouwetenskap, Rekeningkunde, Ekonomie, Besigheidstudie,
Rekenaartoepassingstegnologie, Inligtingstegnologie (koop Delphi
program ekstra) - lg. 2 vakke
benodig “MS Office” rekenaarprogram -, Ingenieursgrafika en
ontwerp (koop CAD program ekstra), Toerisme