TUISBLAD
Moria
Tuisskoolmateriaal verskaf onderrigmateriaal in Afrikaans vir laer- en
hoërskoolonderwys van graad R tot 12. Moria
Tuisskoolmateriaal is ontwikkel en word bedryf deur ‘n span wat
wissel tussen 20 en 30 verskillende vakspesialiste. Die stelsel is
Bybelgefundeerd, van ‘n hoë akademiese standaard, eg
Suid-Afrikaans en trou aan ons eie Afrikaner-kultuurmilieu.
Ons is dankbaar om te kan
sê dat ons nog geen matriek
druipeling gehad het nie. In 2009 was die top presteerder (DUX)
van die BCVO
skoolstelsel ‘n Moria-kandidaat met 8 onderskeidings. Van al die
punte op al
ons 2009-matrieksertifikate, is 36% onderskeidings.
Afrikaanssprekende
ouers behoort hul kinders in hul moedertaal te onderrig. Navorsing dui
op groter leersukses indien 'n kind, veral in die laer grade, onderrig
in sy moedertaal ontvang.
Baie bewerings
word vandag, waarskynlik in onkunde, teen die tuisonderrigkonsep
ingebring. Feit is egter:
"There are 1,2 million school-age children home schooled in America,
..... scoring significantly higher on Standardized Achievement Tests
(SAT) than their public-school counterparts...... No significant
difference was found in student test scores, between those taught by a
parent with tersiary qualifications, and those without." (The Wall
Street Journal, 5 Maart 1997)
Die Pestalozzi
Trust (Tuisskoolnuus, Vol 8 no 2, p.17) haal ook navorsingsresultate in
Suid-Afrika aan. Bester (M.Ed. navorsing UNISA), het die gemiddelde
persentasies in ‘n Europese standaardtoets van
tuisonderwyskinders, vergelyk het met dié van staatskoolkinders.
Vir basiese geletterdheid behaal tuisonderwyskinders ‘n gemiddeld
van 90% (teenoor 48% van staatskole), syfervaardigheid 82% (teenoor
30%) en lewensoriëntering 81% (teenoor 47%). Dieselfde is gevind
met betrekking tot die sosiale ontwikkeling van tuisonderwyskinders.
Daar is
internasionaal genoeg objektiewe bewyse dat kinders in tuisonderrig,
kop en skouers uitstyg bo hul eweknieë in staatskole.
