Wat van ouers sonder ervaring

Ouers met geen onderwyservaring hoef niks by Moria Tuisskoolmateriaal te vrees nie. 'n Jaarbeplanner word ingesluit waarin elke week se werk afgebaken word, met aanbevelings vir addisionele verryking en voldoende ruimte vir eie inisiatief. Die ouer kan dus enige datum van die jaar naslaan en presies bepaal waar die kind op daardie datum behoort te wees. Antwoordboeke vergesel ook die handboeke van moeilike vakke sodat die ouer en die kind die korrekte antwoorde van probleme en oefeninge byderhand het.

Verder gee ons ook leiding ten opsigte van aspekte soos die praktyk van tuisonderwys, toetse en eksamens, aanpak van die akademiese jaar, ekstra klasse, regshulp, sport en ons stelsel van korting.