OORSPRONG
EN AARD VAN DIE MATERIAAL
Vir die Junior Primêre fase
word onderrighulpmiddels saam met die boeke verskaf. Kinders word
aangespoor om nuwe kennis en vaardighede self te ontdek deur uitstappies
te onderneem, verrykende nalees uit naslaanbronne te doen asook die
ondersoek van fasette vanuit die werklike leefwêreld. Tog word
die voordele van gestruktureerde onderrig deur die benutting van doelontwikkelde
onderrigmateriaal (handboeke) ook behou. Dit sluit in vinnige effektiewe
leer deur ordelike en sistematiese ontsluiting van kennis. Betekenisvol
meer werk kan op dié wyse in ‘n jaar afgehandel word.
Afrikaans as eerste taal geniet besondere
aandag. Prosa word gekies uit die keur van behoudende Afrikaanse werke.
Voorgeskrewe werke wat Christelike norme en standaarde en ‘n
Bybelse lewens- en wêreldbeskouing vaslê geniet voorkeur.
Geskiedenis is van kardinale belang en daarom word die geskiedenis
van die Afrikanervolk onderrig deur gebruik te maak van die handboeke
van skrywers met 'n eie kultuursentiment. Vir natuur- en skeikunde
word mini chemie en fisika laboratoriumstelle, wat spesiaal vir die
leerplan gepak is, addisioneel verskaf.
‘n Wye spektrum van laer- en
hoërskoolvakke/ -leerareas word aangebied. Daar word toegesien
dat die regte hoeveelheid vakke geneem en die regte akademiese standaard
gehandhaaf word.