WAT BIED MORIA

Christelik, Afrikaans, Uitnemende Standaard

Oorsprong van ons materiaal

Die ontwikkeling van die materiaal wat Moria bemark, het in 1996 begin. Die vakinhoude en onderwysbeleid van die staatskole het begin verander en ouers het al meer ontevrede geraak met die kwaliteit van onderwys. Moria het begin om hierdie uitdaging aan te spreek. Die stigters van Moria het verskeie onderwys alternatiewe ondersoek, maar kon niks bevredigend vind nie. Hul eie kinders was die proefkonyne, maar gou het andere gevra om ook die materiaal te kan gebruik. Oral het kundiges en leiers op verskillende vakgebiede hul dienste begin aanbied om ‘n stelsel te help ontwikkel waarop ons weer trots kan wees. 

Vakke en leerareas

Vir graad R tot graad 9 word al die voorgeskrewe verpligte leerareas aangebied. Dit sluit die volgende vakke in:

Graad R:

• Taalvaardigheid
• Voorbereidende Wiskunde
• Voorbereidende Skrif
• Ouditiewe perseptuele werk
• Groot- en fynmotoriese vaardighede
• Kognitiewe ontwikkeling
• Kuns
• Aanvaarbare sosiale gedrag

Grondslagfase (graad 1-3):

• Bybelonderrig
• Afrikaans – Huistaal
• Engels – Eerste Addisionele Taal
• Wiskunde (Gesyferdheid)
• Perseptuele werk
• Omgewingswetenskappe
• Fisiese ontwikkeling
• Basiese Kuns
• Inleidende entrepreneurskap

Intermediêre Fase (graad 4-6):

• Bybelonderrig
• Afrikaans – Huistaal
• Engels – Eerste Addisionele Taal
• Wiskunde
• Algemene Wetenskappe (Fisiese Wetenskappe, Tegnologie en Lewenswetenskappe)
• Sosiale Wetenskappe (Aardrykskunde en Geskiedenis)
• Fisiese ontwikkeling
• Kuns
• Entrepreneurskap
• Rekenaargeletterdheid

Senior Fase (graad 7-9):

• Bybelonderrig (Lewensoriëntering)
• Afrikaans – Huistaal
• Engels – Eerste Addisionele Taal
• Wiskunde
• Natuurwetenskappe (Fisiese Wetenskappe en Lewenswetenskappe)
• Sosiale Wetenskappe (Aardrykskunde en Geskiedenis)
• Fisiese ontwikkeling
• Ekonomiese en Bestuurswetenskappe (Ekonomie, Besigheidstudies en Rekeningkunde)
• Tegnologie
• Skeppende kunste en handvaardigheid

Een addisionele vak moet vir graad 8 en 9 gekies word uit die volgende opsies:

• Landboubestuur
• Rekeningkunde
• Bedryfsekonomie
• Rekenaartegnologie

• Toerisme
• Tegniese tekeninge
• Europese tale: Duits, Frans, Spaans, Portugees, Moderne Hebreeus

Cambridge (graad 10-12):

Cambridge-onderwys strek oor drie jare. Die vakkeuses hang af van elke leerder se individuele naskoolse opleiding en wat die tersiêre instelling van die leerder se keuse sal verwag. Engels eerste taal, Afrikaans tweede taal en Wiskunde is verpligtend.

Graad 10 – IGCSE: 6 vakke
Graad 11 – “AS-level”: 5 vakke
Graad 12 – “A-level”: 4 vakke

 

Hulpmiddels

Vir die Grondslagfase word onderrighulpmiddels saam met die boeke verskaf soos klei, geometriese vorms en kunsapparaat. Kinders word aangespoor om nuwe kennis en vaardighede self te ontdek deur uitstappies te onderneem en verrykende nalees te doen. Vir Fisiese Wetenskappe word minichemie en -fisika laboratoriumstelle, wat spesiaal vir die leerplan gepak is, addisioneel aangebied. Jaarbeplanners word aan ouers verskaf om ‘n tydlyn voor te stel om seker te maak die leerders vorder teen die regte tempo. Antwoordgidse word ook voorsien om te verseker dat leerders die werk korrek bemeester. Vir enige vrae of onsekerheid oor inhoud van die werk, is Moria-personeel net ‘n oproep of ‘n e-pos ver.

Alhoewel die rekenaar en gepaardgaande tegnologie wêrelde oopgesluit het, bly dit ‘n hulpmiddel van kennisoordrag, op dieselfde wyse as ‘n handboek. Tot dusver bly daar egter ‘n saak uit te maak vir die verkieslikheid van ‘n handboek as bron van leerstof. Langdurige blootstelling aan elektroniese skerms deur die rekenaar, selfoon, tablet of televisie bring ‘n groot hoeveelheid stimuli wat die leerder moet prosesseer. ‘n Leerder spandeer gemiddeld sewe ure per dag voor ‘n skerm, en indien alle skoolwerk ook op die rekenaar is, verhoog die aantal blootstellingsure. Studies in die afgelope jare korreleer bepaalde gesondheidsprobleme met verlengde elektroniese multimedia blootstelling – onder andere skade aan die endokriene stelsel, kardio-vaskulêre stelsel en senuweestelsel. Vir volledige inligting sien die artikel van Dr. Gadi Lissak, –  Behavioral Medicine Psychologist &  Biofeedback Specialist, on the effects of screen time on the health of infants, children and adolescents. (https://www.netivei-reshet.org/en/node/76)

Enkele effekte is:

  • slaaploosheid weens versteurings van die melatonien-hormoon.
  • verlaging in kortisolvlakke, die hormoon nodig om stressituasies te hanteer.
  • verhoogde insulienvlakke met groter risiko vir diabetes soos gevind in ’n studie in 2010 van 496 16-jariges wat meer as 2 ure/dag voor ‘n rekenaar deurbring.
  • die moontlikheid om na pornografiese webtuistes gelok te word daagliks groter.

Kinders moet aangemoedig word om sport en ander sinvolle aktiwiteite/ stokperdjies te beoefen en om boeke te lees. Riglyne vir skermtyd per dag:

  • 0 – 2 jaar: geen – interaksie met mense is belangrik
  • 3 – 7 jaar: ½ – 1 uur/dag
  • 7-12 jaar: 1 uur per dag
  • 12-15 jaar: 1½ uur / dag
  • 16+ jaar 2 ure/dag – dit is totaal te min vir voltydse studie op die rekenaar.

Moria glo dus om die rekenaar as hulpmiddel  tot voordeel van die leerder aan te wend in die bemeestering van toegepaste programme soos “Word” om take en opstelle te tik, “PowerPoint” om voorleggings aan te bied, “Excel” om navorsingstake se statistiek uit te beeld en internetsoekenjins om inligting te bekom. Erkende akademiese instellings soos Universiteite maak steeds van handboeke gebruik as onderrigmateriaal. 

Alles wat nodig is om ons kinders sinvol op te voed en voor te berei

Evaluering en eksamens

Grade 1 tot 9 se kwartaalikse evaluering is die ouers se verantwoordelikheid en verskillende evalueringstegnieke kan gebruik word, byvoorbeeld: vrae aan die einde van handboekmodules of -hoofstukke, gereelde toetse, take, modelle, kaarte, mondelinge, toneelstukke, plakkaatvoordrag, “PowerPoint”-voordrag ens. 

Eksamens word jaarliks in November deur Moria afgeneem en is verpligtend vir graad 1 tot 9. Leerders registreer en betaal vir eksamens in Augustus. ‘n Evalueringsverslag (rapport) word na die Moria-eksamen uitgereik.

Eksamenkriteria per fase:

Graad R:

‘n Skoolgereedheidstoets kan deur Moria afgeneem word, maar dit is nie verpligtend nie.

Grondslagfase (graad 1-3):

Die eksamen is hoofsaaklik mondeling en word op Potchefstroom afgelê. Indien dit nie moontlik is om na Potchefstroom te reis nie, kan ouers hulle kinders laat evalueer by ‘n Opvoedkundige Sielkundige. Die evaluering is dus nie inhoud gebaseer nie, maar toets vaardighede.

Intermediêre Fase (graad 4-6):

Eksamen word in u dorp afgelê met u perdikant / leraar as toesighouer. Moria-eksamen word geskryf oor slegs die drie hoofvakke: Afrikaans, Engels en Wiskunde. Ouers eksamineer ander byvakke.

Senior Fase (graad 7-9):

Eksamen word in u dorp afgelê met u perdikant / leraar as toesighouer.
Moria-eksamen word geskryf oor al die vakke, behalwe Lewensoriëntering wat deur ouers self geëvalueer word.

Cambridge (graad 10-12):

Alle Cambridge vakke word by Cambridge-sentrums geskryf, soos uiteengesit op die Cambridge webwerf.