Moria Tuisskool

Registrasie prosedure

Om die Moriastelsel te gebruik, MOET u jaarliks 'n registrasievorm voltooi en dit aan ons terug faks /e-pos, saam met die depositostrokie as bewys van die betaling. Geen boeke sal versend word voor ons u voltooide registrasievorm terug ontvang het nie. Gebruik gerus die registrasievorm wat u kan aflaai deur te klik op die pdf-knoppie hier onder. Volg nougeset die instruksies op die registrasievorm.

Herregistrasie word ook op die registrasievorm gedoen. (die definisie van "herregistrasie" is op die registrasievorm) .

As gevolg van eksamenadministrasie sal geen boeke versend word vanaf 15 September tot 15 Desember nie. U moet egter steeds so vinnig moontlik die transaksie afhandel en u registrasievorm aan ons stuur, om eerste gehelp te word wanneer ons weer boeke begin versend.

Klik hieronder om 'n registrasievorm in PDF formaat af te laai:

 

                                                                                                 !!! BAIE WELKOM BY ONS !!!

Ons op Facebook

Ons op YouTube

Ons besoekers