ASSESSERING (EVALUERING)

Assessering is ‘n belangrike deel van onderwys. Ouers registreer vir eksamen in Augustusmaand vir grade 1-11.  Assesserings-eksamens word aan die einde van elke jaar afgeneem. 'n Evalueringsverslag met die uitslae, word uitgereik na afloop van die eksamen. Ouers behoort dit in 'n ernstige lig te beskou al is 'n eksamen nie die enigste vorm van assessering nie. Van ouers word verwag om deurlopend te verseker dat die kind alle werk deeglik ken en verstaan deur verskeie evalueringstegnieke te gebruik byvoorbeeld: vragies aan die einde van modules/hoofstukke, gereelde toetse, take, modelle ens. Registrasies vir matriekeksamen (Graad 12) word in Januarie gedoen