CHRISTELIKE AARD

 

Materiaal wat onsself uitgee is Bybelgefundeer. Dit beteken eerstens dat niks geleer word wat die Christelike geloof teë gaan nie. Die materiaal is doelbewus daarop gerig om die kind as geheel te ontwikkel, liggaam, siel en gees. Selfs vakke soos Afrikaans en Engels word benut om te verseker dat die kind se lewens- en wêreldbeskouing vas op Bybelse- en eie kultuurbeginsels gegrond word. Moria se ander vakke is gekeur en geselekteer sodat geen onbybelse waardes of begrippe geleer word nie. Sonder die Bybel is daar geen sprake van ‘n welvarende en gelukkige mens, gesin of volk nie. Twyfelagtige en suggestiewe onderrigmateriaal soos voortydige seksonderrig, word in die Bybel verbied (vergelyk Ef. 5:3 en Deut. 6:7). Indien dit gebeur dat die beste vakkundige handboek op enkele bladsye Christelik onaanvaarbare materiaal het, sal sulke bladsye verwyder of vervang word.

Geen spesifieke kerklik dogmatiese leerstellings word gepropageer nie.