WIE IS MORIA

Moria is ‘n Afrikaanse tuisonderwys kurrikulum met Christelike beginsels en ‘n internasionale geykte akademiese standaard.

Ons verskaf onderwysmateriaal vir Mamma’s, tuisskole en privaatskole van graad 0 tot 9 in Afrikaans, waarna ons leerders oorgaan na die Cambridge stelsel vir graad 10 tot 12 (IGCSE, AS, A-levels) in Engels. Dit open deure na tersiêre instellings wêreldwyd vir ons leerders.

Moria se materiaal is ontwikkel uit verskeie wêreldklas leerplanne en word deurgaans aangepas deur ‘n span van dertig verskillende vakspesialiste wat vakadviseurs, professore en senior vakonderwysers insluit. Moria is in 1996 gestig en bestaan al vir byna drie dekades.

Ons stelsel is waardegedrewe, Bybelgefundeerd en ons erken ons Afrikaner kultuur en geskiedenis. By Moria word Afrikaans gekoester en daarom word dit op ‘n hoë vlak onderrig.

Ingesluit by ons pryse word ouergidse, leerderboeke, antwoordsleutels, jaarbeplanners en hulpmiddels voorsien. Dit help Moria-ouers om die jongspan maklik te onderrig.

Skriftelike eksamens word jaarliks afgelê waarna rapporte uitgereik word.

Sommiges noem dit tuisonderwys, tuisonderrig, tuisskool, afstandsonderrig, “home schooling” of huisskool. Ongeag wat dit genoem word, alles dui op ‘n diens wat Moria Tuisskoolmateriaal voorsien. 

MORIA beteken: deur die Here voorsien.

VISIE VAN MORIA

‘n Afrikanervolk wat hul kinders tot eer van God Drie-enig, op ‘n uitnemende akademiese standaard onderrig.

UITNEMENDE AKADEMIESE STANDAARD

Moria beywer hom om materiaal van uitnemende akademies standaard te voorsien, wat ook deur enige gemiddelde leerder, wat bereid is om hard te werk, bemeester kan word.

CHRISTELIK

Moria-materiaal is daarop gerig om ons leerders na gees, siel en liggaam te ontwikkel. Die Christelike aard beteken dat niks geleer word wat strydig is met die Bybel en Christelike geloof nie.

AFRIKAANS

Suiwer Afrikaans is vir Moria ‘n hoë prioriteit en daarom bemark ons slegs Afrikaanse tuisskoolmateriaal tot graad 9, daarna volg die Cambridge Engelse stelsel.

WAAR HET MORIA BEGIN

November 1991 – ‘n vriendin nooi my, Helena de Villiers, om saam te ry om haar gestremde kind by ‘n spesiale skool te gaan haal. Met onderwys in my are en self moeder van ‘n Downsindroomdogtertjie, vra ek of ek die klasse mag besoek.  In die eerste klassie sit daar ‘n Downsie. Terwyl hy blokkies inmekaar probeer druk, loop die kwyl uit sy mondjie en daar is nie ‘n helpende hand nie. My hart ruk.  Is dit my Raldi se toekoms? Die koshuisbadkamer is ‘n verdere skok – sementvloere en mure sonder teëls.  Geen warm huisgevoel nie. Toe ons ry weet ek een ding verseker: dit sal verraad wees om Raldi in so plek te plaas.

WAT BIED MORIA

Oorsprong van ons materiaal

Die ontwikkeling van die materiaal wat Moria bemark, het in 1996 begin. Die vakinhoude en onderwysbeleid van die staatskole het begin verander

Vakke en leerareas

Vir graad R tot graad 9 word al die voorgeskrewe verpligte leerareas aangebied. Dit sluit die volgende vakke in:

Hulpmiddels

Vir die Grondslagfase word onderrighulpmiddels saam met die boeke verskaf.

Evaluering en eksamens

Grade 1 tot 9 se kwartaalikse evaluering is die ouers se verantwoordelikheid en verskillende evalueringstegnieke kan gebruik word, byvoorbeeld:

Ouers & Leerders

WAT SÊ MORIA-OUERS & -LEERDERS

Daniëlle is op 22 weke gebore en het slegs 695 gram geweeg. Sy het geen weerstand teen siektes nie, sukkel met asma en het ADHD. Toe sy geen maaitjies in graad 2 in die staatskool gehad het nie, gespot was omdat sy gereeld in die hospital was en ‘n mede skolier haar probeer verwurg het, het ek besluit: Dit is genoeg. Dit het my hart gebreek as sy elke oggend huil: “Asseblief Mamma, ek wil nie skool toe gaan nie.” My paaie het met Moria gekruis deur ‘n verwysing van my Pastoor. Ek was bang. Doen ek die regte ding? Ek het Moria geskakel en met Hannes gesels. April 2018 het Daniëlle haar boeke ontvang. My en my kind se lewe het net daar verander.
Thomas & Elena Gouws
Ouers
Ek het al my prestasies as vanselfsprekend aanvaar, totdat ek vir 'n oomblik stilgestaan het, en 'n interessante patroon in my lewe begin herken het – die begin daarvan in my Moria-jare! Tuisskool het my geleer dat, met God se hulp, genade en seën 'n mens baie meer beheer het oor die rigting van jou lewenspaadjie, as wat die wêreld ons wil wysmaak. JY is die een wat daardie rigting bepaal en as jy jou langtermyn motiverings reg kies, en hard werk, is daar min dinge wat jou hoef te stop! Jy het die unieke geleentheid en voorreg om buite die beperkings van 'n normale struktuur te leer en ontwikkel.”
Dr. Lientjie Angell
Leerder
Play Video

KONTAK ONS